🎶 Welkom in my wêreld van musiek 🎶
Ek was nog altyd ’n kreatiewe siel. Van kleins af het ek daarvan gehou om te skep, te dans, mense te laat lag en myself op verskillende maniere uit te druk.
Die lewe het my op ’n paar interessante paaie geneem, maar my kreatiewe “lefty-brein” het nooit stilgebly nie. Toe die liedjieskryf-gogga my uiteindelik byt, het iets nuuts in my wakker geword. 🎵
Vandag sit ek my ervarings, emosies, verbeelding en stories in musiek. Party liedjies kom uit my eie lewe, ander uit dit wat ek rondom my sien en voel.
Ek skryf nie net om liedjies te maak nie — ek wil iets in jou wakker maak. ’n Herinnering, ’n glimlag, ’n emosie, ’n bietjie hoop… of sommer net die lus om jou skoene uit te trek en te dans. 💃❤️
Dankie dat jy hier is en deel word van my musikale reis.
Luister. Voel. Sing saam. En dans as jy lus het! 🎶
Elke storie het ’n ritme… en elke hart het ’n lied.